Skip to the content

Raak ontslae van u sorge 2024

ATKV-oorde vergemaklik u vakansie-ervaring met familievriendelike wegbreke by enigeen van ons sewe oorde wat u, as lid, boonop die vergunning gee om vooruit te bespreek.  

Lede kan vanaf 1 Augustus 2024, soos oudergewoonte, hul besprekings vir Maart/April en die Paasnaweek in 2025 maak. Om die voorkeurbesprekingsproses egter so vlot as moontlik te laat verloop, bring ons graag die volgende aspekte onder ons lede se aandag:

  1. Die voorkeurbesprekingsperiode vir lede word tot die eerste 14 dae van Augustus 2024 beperk. Lede sal slegs 14 dae vanaf 1 Augustus 2024 hê om te bespreek. Vanaf 15 Augustus 2024 word besprekings oopgestel vir die algemene publiek. Besprekings kan vanaf 07:00 die oggend op 1 Augustus 2024 gemaak word.
  2. Geen besprekings sal in-persoon by ATKV-Hoofkantoor of by enige van die ATKV-oorde gemaak kan word nie.
  3. Lede moet asseblief ook kennis neem dat die #RekUit-depositobeleid vir voorkeurbesprekings steeds geld. Meer inligting oor die skedules is hier beskikbaar:  https://www.atkvoorde.co.za/blog/posts/2020/september/rekuit-by-n-atkv-oord/
  4. Voorkeurbesprekings kan ook nou aanlyn op die ledeplatform (https://lede.atkv.org.za/) geskied. Neem asb. kennis van die volgende wanneer u aanlyn bespreek:
    1. Lede kan van 1 tot 14 Augustus 2024 aanlyn vir Maart/April 2025 bespreek.
    2. Dit geld vir alle oorde. By ATKV-Hartenbos sal slegs akkommodasie aanlyn bespreek kan word (ook telefonies),-besprekings vir kampering sal egter slegs telefonies gemaak kan word.

As u aanlyn bespreek:

    1. U mag slegs EEN eenheid of staanplek bespreek.
    2. Kan u NIE ʼn spesifieke eenheid/staanplek kies NIE, slegs ʼn eenheidstipe of kampeerstaanplekblok.
  • Is die deposito 10% van die besprekingswaarde, betaalbaar onmiddelik, slegs vir 01 en 02 Augustus 2024. Daarna val dit terug na 50% van die besprekingswaarde,_dieselfde as met gewone aanlynbesprekings.

Lede word aangemoedig om vooraf seker te maak dat hulle geregistreer is en toegang tot die aanlynledeportaal het wanneer hulle aanlyn bespreek, om teleurstelling te voorkom. Indien u onseker is of hulp nodig het, skakel gerus ons ledesake-afdeling by 011 919 9000.

Inbel- en e-posbesprekings (slegs e-pos aansoeke soos ontvang vanaf 01 Augustus 2024, 07:00) word aanvaar, maar inbelbesprekings sal voorkeur geniet.

As u inbel en bespreek:

    1. Kan u u eenheid/staanplek kies.
    2. U mag slegs EEN eenheid of staanplek bespreek.
  • Is die deposito 10% van die besprekingswaarde, betaalbaar volgens die die #RekUit-skedule.
  1. U kan enige van die onderstaande nommers skakel om te bespreek:
    1. ATKV-Buffelspoort – 014 572 1000
    2. ATKV-Drakensville – 036 438 6287
    3. ATKV-Eiland Spa – 015 386 8000
    4. ATKV-Goudini Spa – 023 349 8100
    5. ATKV-Hartenbos – 044 601 7200
    6. ATKV-Klein-Kariba – 014 736 9800
    7. ATKV-Natalia – 031 916 4545
    8. Sentralebesprekingskantoor – 011 919 9092

Ons waardeer u samewerking in hierdie verband. Moenie u kans verspeel nie, skakel ons vanaf 1 Augustus 2024 en bespreek u familievriendelike wegbreke by een van ons sewe pragoorde!