Skip to the content

Hartenbos Seefront is ‘n ontwikkeling binne die ATKV Hartenbos Strandoord, en ons is trots om erken te word as een van die gewildste vakansieplekke vir oud en jonk. Gaste kan eindelose vermaak, topgehalte winkels en ontspanningsfasiliteite, en beeldskone natuurskoon verwag wanneer hulle met ongekende gasvryheid verwelkom word.

Pretpark

Ervaar avontuur soos nog nooit vantevore.

Ons pretpark spog met aktiwiteite wat kleuters en tieners sal laat skaterlag! Van ‘n beskermende speelarea vir die kleintjies, tot mini-gholf en heerlike waterspeletjies vir die ouer kinders. Ons pretpark waarborg oneindige pret en opwinding vir die hele gesin.

Verdere ontwikkelinge vir nuwe afdelings van die pretpark word beplan vir die nabye toekoms.

Tye

Binne Seisoen en langnaweke: 08:30 - 22:00

Sondae en publieke vakansiedae: 08:30 - 20:30

Oktober skool vakansie: 08:30 - 20:30

Buite seisoen vrydag en saterdag: 08:30 - 20:30

Buite seisoen sondag tot donderdag: 08:30 - 18:00

Waterpark

Ervaar die opwinding van blitsvinnige, seepgladde glybane.

Die Seefront Pretpark pronk met ‘n splinternuwe waterpark – ‘n droom vir waterliefhebbers en die perfekte plek om van die warm somerson te ontsnap. As jy waaghalsig voel, is ons waterwurms nét die regte ding vir jou!

Vakansiegangers kan kies tussen drie verskillende waterwurms, een vir elke vlak van adrenalien en vaardigheid. Selfs diegene wat nie so mal is oor hoogtes en avontuur nie, sal kan voete nat maak op ons makliker glybane. Ons beplan om binnekort die waterpark nóg verder uit te brei, so hou ons webtuiste dop vir meer inligting.

Klouterpaleis

‘n Ongelooflike klimraamervaring!

Geleë binne die Seefront Pretpark, beloof hierdie ruim speelarea ure se genot vir babas, kleuters én tieners! Met allerhande klim-, swaai-, gly- en hangaktiwiteite, is hierdie area spesiaal ontwerp om kinderontwikkeling aan te moedig, terwyl kinders terselfdetyd hulself gate uit geniet.

Mini-Gholfavontuur

Geleë binne die Seefront Pretpark, bied ons mini-gholfbaan ‘n genotvolle uitstappie vir die hele gesin. Ons twee splinternuwe nege-putjiebane, sal  amateur- en ervare spelers uitdaag!

Mini-gholf pakette
R20 per person vir 9 putjies

Kontakbesonderhede
Tel: 044 601 7255
hartenbos@atkv.org.za

Winkels & Restaurante

As deel van ons toewyding om jou die lekkerste moontlik vakansie te bied, het ons gesorg vir ‘n klein winkelsentrum met ‘n verskeidenheid winkels, restaurante en kuierplekke. 

 

Handelsure

Heeljaar uitsluitende Vakansie seisoene
Maandae tot Saterdae (insluitend Publieke Vakansie dae)
09H00 tot 18H00

Sondae
09H00 tot 15H00

Vakansie Seisoene
1 Des tot 15 Des & gedurende Paasfees
09H00 tot 19H00

16 Des tot 4 Jan
09H00 tot 21H00

Heeljaar uitsluitende Vakansie seisoene
Maandae tot Sondae (insluitend Publieke Vakansie dae)
11H00 tot 20H00

Vakansie Seisoene
1 Des tot 4 Jan
09H00 tot 22H00

Paasfees
09H00 tot 21H00

Heeljaar uitsluitende Vakansie seisoene
Maandae tot Sondae (insluitend Publieke Vakansie dae)
11H00 tot 22H30

Vakansie Seisoene
1 Des tot 4 Jan & gedurende Paasfees
Maandae tot Sondae: 11h00 tot 22h30

Geen verpligte handel op Goeie Vrydag of Kersdag nie.

Besienswaardighede

Hartenbos Seefront bied jou alles wat jy nodig het vir ‘n ontspanne, genotvolle en gebalanseerde vakansie. Van wêreldklas konferensiegeriewe vir konserte en binnenshuise sportsaktiwiteite, tot ‘n verhitte swembad en ‘n fiksheidsentrum – ons bied jou alles wat jy nodig het.

Verhitte Swembad

Nie lief vir koue water nie? Moenie bekommerd wees nie! Ons swembad se temperatuur is tussen 30-35°C, wat dit perfek maak vir daardie effense koelerige lente- en herfsdae – óf selfs ‘n winterwegbreek. Geniet die see-uitsig saam met familie en vriende terwyl jy gebruik maak van die heerlike swembadgeriewe.

R20 per persoon vir ATKV gaste (wat woon op die oord)
R30 per persoon

Maandag tot Sondag
08:30 – 10:30
11:00 – 13:00
13:30 – 15:30
16:00 – 18:00
18:30 – 20:30
21:00 – 22:30

Maandag – Sondag
08:30 – 10:30
11:00 – 13:00
13:30 – 15:30
16:00 – 18:00
18:30 – 20:30

Wellness World

Sodat jy die perfekte balans kan handhaaf, bied ons jou gesondheidsfasiliteite wat jou ontspanne en vars sal laat voel tydens jou vakansie saam met ons. Buiten die swembad, het ons ook ‘n splinternuwe gimnasium met die nuutste toerusting, water aerobics, persoonlike afrigters en ‘n biokinetikus.

Seefront Solders

Met die see amper rondom jou en die Kaapse seelug bokant jou, bied Hartenbos Seefront verskeie luukse verblyfopsies met bed en ontbyt. Hierdie eenhede is ideaal vir paartjies, sakemanne en sakevroue asook vir konferensiegangers.

Gaste kan uitsien na topgehalte winkels, ontspanningsfasiliteite en pragtige  natuurtonele wanneer hulle met ongekende gasvryheid hier verwelkom word.