RAAK ONTSLAE VAN U SORGE – KOM SPAN UIT BY ATKV-OORDE
ATKV-oorde vergemaklik u vakansie-ervaring met familievriendelike wegbreke by enigeen van ons sewe oorde wat u, as lid, boonop die vergunning gee om vooruit te bespreek.
Lede kan vanaf 1 Augustus 2023, soos oudergewoonte, hul besprekings vir Maart/April en die Paasnaweek in 2024 maak. Om die voorkeurbesprekingsproses egter so vlot as moontlik te laat verloop, bring ons graag die volgende aspekte onder ons lede se aandag:
- Die voorkeurbesprekingsperiode vir lede word tot die eerste 14 dae van Augustus 2023 beperk. Lede sal slegs 14 dae vanaf 1 Augustus 2023 hê om te bespreek. Vanaf 15 Augustus 2023 word besprekings oopgestel vir die algemene publiek. Besprekings kan vanaf 07:00 die oggend op 1 Augustus 2022 gemaak word.
- Geen besprekings sal in-persoon by ATKV-Hoofkantoor of by enige van die ATKV-oorde gemaak kan word nie.
- Lede moet asseblief ook kennis neem dat die #RekUit-depositobeleid vir voorkeurbesprekings steeds geld. Meer inligting oor die skedules is hier beskikbaar: https://www.atkvoorde.co.za/blog/posts/2020/september/rekuit-by-n-atkv-oord/
- Voorkeurbesprekings kan ook nou aanlyn op die ledeplatform (https://lede.atkv.org.za/) geskied. Neem asb. kennis van die volgende wanneer u aanlyn bespreek:
- Lede kan van 1 tot 14 Augustus 2023 aanlyn vir Maart/April 2024 bespreek.
- Dit geld vir alle oorde. By ATKV-Hartenbos sal slegs akkommodasie aanlyn bespreek kan word (ook telefonies),-besprekings vir kampering sal egter slegs telefonies gemaak kan word
- As u aanlyn bespreek:
- U mag slegs EEN eenheid of staanplek bespreek
- Kan u NIE ʼn spesifieke eenheid/staanplek kies NIE, slegs ʼn eenheidstipe of kampeerstaanplekblok.
- Is die deposito 10% van die besprekingswaarde, betaalbaar onmiddelik, slegs vir 01 en 02 Augustus 2023. Daarna val dit terug na 50% van die besprekingswaardedieselfde as met gewone aanlynbesprekings.
- Lede word aangemoedig om vooraf seker te maak dat hulle geregistreer is en toegang tot die aanlynledeportaal het wanneer hulle aanlyn bespreek, om teleurstelling te voorkom. Indien u onseker is of hulp nodig het, skakel gerus ons ledesake-afdeling by 011 919 9000.
- Inbel- en e-posbesprekings (slegs e-pos aansoeke soos ontvang vanaf 01 Augustus 2023, 07:00) word aanvaar, maar inbelbesprekings sal voorkeur geniet.
- As u inbel en bespreek:
- Kan u eenheid/staanplek kies.
- U mag slegs EEN eenheid of staanplek bespreek
- Is die deposito 10% van die besprekingswaarde, betaalbaar volgens die die #RekUit-skedule.
- U kan enige van die onderstaande nommers skakel om te bespreek:
- ATKV-Buffelspoort – 014 572 1000
- ATKV-Drakensville – 036 438 6287
- ATKV-Eiland Spa – 015 386 8000
- ATKV-Goudini Spa – 023 349 8100
- ATKV-Hartenbos – 044 601 7200
- ATKV-Klein-Kariba – 014 736 9800
- ATKV-Natalia – 031 916 4545
- Sentralebesprekingskantoor – 011 919 9092
Ons waardeer u samewerking in hierdie verband. Moenie u kans verspeel nie, skakel ons vanaf 1 Augustus 2023 en bespreek u familievriendelike wegbreke by een van ons sewe pragoorde!
Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika
E-posadres:
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings:
+27(011) 919 9092