ATKV-oorde promosies: hoe werk dit?
Beste gas,
Die ATKV se tariefstruktuur is uit vier kalenderindelings saamgestel (behalwe vir Hartenbos, waarvoor daar slegs drie kalenderindelings is), waarvolgens alle ATKV-lede reeds ʼn korting/voordeel op gepubliseerde nie-ledetariewe ontvang, voordat enige alternatiewe promosie-afslag in berekening gebring word. Hierdie persentasie afslag vir lede (voor enige promosie-afslag) beloop tans tot 30% vir die middel van die week, buite seisoen; tot 25% vir naweke, buite seisoen; tot 20% vir skoolvakansies en langnaweke en tot 15% in spits- vakansietye, waarvan die grootste voordeel oor die Desember-/Januarie-skoolvakansie val.
Die voordele is dus:
- Lede het die gebruik van die lidtarief regdeur die jaar
- Lede kan ook die promosie opneem en meer spaar as op die lidtarief
- Hierdie promosies word gedoen op die oorde waar besetting swaarkry om sodoende dit ‘n hupstoot te gee sodat die oord/e kan volhoubaar bly om sodoende te verseker dat ons, as die ATKV, steeds ons kultuurverantwoordelikhede kan nakom.
Daarom, indien ʼn promosie teen 20% afslag op buiteseisoenverblyf (in die middel van die week) aan lede en 25% aan nie-lede vrygestel word, kan die totale afslag aan lede teenoor nie-lede as volg geïllustreer word:
Ledesamestelling:
Lede-afslag: 30% teenoor die gepubliseerde nie-ledetariewe
Promosie-afslag: 20% van bogenoemde waarde
Die totale saamgestelde afslag en voordele vir lede is dus 50% teenoor die oorspronklike gepubliseerde nie-ledetariewe.
Nie-ledesamestelling:
Slegs promosie-afslag van 25% teenoor gepubliseerde nie-ledetariewe.
Lede kry dus steeds ʼn voordeel van 25% afslag bo nie-lede, wat dit steeds lonend maak om aan die ATKV te behoort.
Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika
E-posadres:
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings:
+27(011) 919 9092