Al die gidse by ATKV-Drakensville se Omgewingsentrum is deur die KwaZulu-Natalse erfenisorganisasie Amafa geakkrediteer en hul kennis van die omgewing en sy plant- en dierspesies is indrukwekkend.
Daar is soveel ander dinge om te doen indien jy ’n bietjie wil rondrits. Besoek die Koninklike Natal Nasionale Park, die Drakensberg- ondergrondse hidrokragstasie of Kerkenberg, die Retiefpas, en die Kaalvoetvrou of die Spioenkop-slagveld-en-natuurreservaat.
Die oord is ook baie gewild onder paartjies wat in die kapel met sy uitsig oor die asemrowende vallei wil trou.
Kom beleef die stilte en rustigheid van ’n lowergroen Natal, terwyl jou kinders hul gate uit kan geniet by die swembaddens, op die glybaan of die oord op hul fietsies kan platry.
Maak nou ’n draai voor die winter begin byt. Bespreek hier en gun jouself die rus wat jou toekom. Ons het boonop ’n hele paar aanloklike aanbiedinge beskikbaar.
ATKV-lede: Maak oordbesprekings teen die ledetarief – alles is op die nuwe aanlyn ledeplatform. Registreer nou: https://lede.atkv.org.za/.
*Stuur ’n e-pos na atkv@atkv.org.za met jou kontakbesonderhede en lidnommer as jy sukkel om te registreer.
Surreylaan 348
Randburg
Gauteng
Suid-Afrika
E-posadres:
oordedigitaal@atkv.org.za
Besprekings:
+27(011) 919 9092