Watter dienste sal oop bly?
- Die meeste winkels en besighede sal toe wees.
- Die polisie, metropolisie, weermag en nooddienste sal steeds werksaam wees.
- Gesondheidsdienste, soos hospitale, klinieke, dokters, apteke en laboratoriums, sal oop bly.
- Banke en noodsaaklike finansiële en betalingsdienste, insluitend die JEB, sal oop bly.
- Supermarkte sal oop bly sodat burgers steeds vir hulself en hul families kan sorg.
- Vulstasies sal oop bly.
- Maatskappye wat noodsaaklik vir die vervaardiging en vervoer van kos, basiese goedere en mediese voorrade sal oop bly.
Pogings om die virus in bedwang te hou:
- Hierdie landswye inperking sal met ʼn openbare gesondheidsbestuursprogram gepaard gaan, wat sifting, toetsing, kontakvolging en mediese bestuur beduidend sal verhoog.
- Gemeenskapsgesondheidspanne sal daarop fokus om sifting en toetsing in woonareas uit te brei, met die eerste fokus op hoërisiko-areas en areas met ʼn hoe bevolkingsdigtheid.
- Suid-Afrikaanse burgers en inwoners wat uit hoërisikolande terugkom sal outomaties vir 14 dae lank onder kwarantyn geplaas word.
- Nie-Suid-Afrikaners wat uit hoërisikolande arriveer, sal weggewys word.
- Internasionale vlugte na Lanseria Lughawe sal tydelik gestaak word.
- Internasionale reisigers wat na 9 Maart 2020 uit hoërisikolande in Suid-Afrika aangekom het, sal in hul hotelle moet bly tot hulle ʼn 14-dagkwarantyntydperk voltooi het.
Ekonomiese ingrypings wat in plek gesit word:
- ʼn Solidariteitsfonds waartoe Suid-Afrikaanse besighede, organisasies, individue en lede van die internasionale gemeenskap kan bydra.
- Die Fonds sal daarop fokus om die verspreiding van die virus te voorkom, ons help om die verspreiding te volg, vir diegene wat siek is, te sorg, en diegene wie se lewens ontwrig is, te ondersteun.
- Die Fonds het ʼn webwerf – www.solidarityfund.co.za – en bydraes kan via die Fonds gedeponeer word.
- Die Fonds sal deur ʼn agtenswaardige span mense vanuit finansiële instellings, boekhouersfirmas en die regering, bestuur word.
- Om dinge aan die gang te kry, verskaf die regering R150 miljoen se saaikapitaal en die privaat sektor het reeds beloof om hierdie fonds met finansiële bydraes te steun.
- Die regering sal sy allerbeste doen en hulpbronne mobiliseer om lewens te red en die ekonomie te ondersteun.
Bystand vir besighede:
- Besighede in die informele sektor, soos spazawinkels, sal bygestaan word.
- Registrasie is nou oop op www.smmesa.gov.za vir klein en medium ondernemings wat hulp nodig het tydens die Koronavirus-krisis.
- Die Departement van Kleinsakeontwikkeling het ʼn skuldverligtingsfonds vir klein besighede.
- Klein besighede wat deur die koronavirusuitbreking geraak is, sal bewys van negatiewe impak weens COVID-19 moet voorsien.
- Vermy werksverlies deur die Kleinsakeondernemings-ontwikkelingsagentskap [Small Enterprise Development Agency (SEDA)].
- Die regering het winkelsentrums en handelaars aangeraai om huur- en betalingsvakansies te oorweeg vir huurders wat negatief deur die inperking beïnvloed word.