BESTANDDELE
’n mengbak
2 glasbottels met deksels
½ koppie hawermout
2 eetlepels chia-sade
1 eetlepel lynsaad
1 eetlepel kakaopoeier
1 teelepel vanielje-essens
¼ teelepel fyngemaalde kaneel
1 groot, ryp piesang
1 koppie amandelmelk
OPSIONELE EKSTRAS OM MEE OP TE DIEN
grondboontjiebotter
gemengde neute
vars piesang
droëvrugte of bessies
METODE
Druk die piesang met ’n vurk pap in die mengbak. Meng al die droë bestanddele by die piesang. Gooi die amandelmelk by en meng goed.
Skep die mengsel in die glasbottels, maak die bottels toe en laat staan oornag.
Jy kan die volgende oggend enige van die voorgestelde ekstras oor die hawermout gooi of net so daaraan weglê.
Die resep is genoeg vir twee persone.
(Oorspronklike resep deur Leozette Roode in The South African Vegan Cookbook)
BESTANDDELE
4 vegetariese patties
(Ek gebruik graag Beyond Burgers wat by Woolworths te koop is)
1 pakkie suiwelvrye fetakaas
(Ook by Woolworths te koop, of probeer die Violife-reeks by Checkers en Pick n Pay)
1 granaat
1 kop vars blaarslaai
vars groenui
vars koljander
1 komkommer
1 lemmetjie
METODE
Braai die vegetariese patties volgens die aanwysings.
(Beyond Burgers kan vir 3 minute aan elke kant gebraai word)
Berei ’n bed blaarslaai op elke bord voor.
Plaas ’n gaar pattie op elke bed blaarslaai.
Sny die suiwelvrye feta in lang repies en lê dit bo-op die warm patties.
Gooi granaatpitte bo-oor die feta.
Kap die groenui en koljander fyn en strooi dit oor die feta en granaat.
Sny die komkommer op en druk die lemmetjiesap daaroor uit. Bedien dit as slaai saam met die broodlose burger.
Die resep is genoeg vir vier persone.